Borgo (meervoud: borghi) is 'n Italiaanse vakterm van Germaanse oorsprong met drie verskillende betekenisse. Dit kan verwys na
- 'n middelgroot nedersetting wat belangrike kommersiële funksies vir 'n omliggende landboustreek vervul;
- die uitbreiding van 'n historiese nedersetting buite die stadsmuur; of
- 'n klein nedersetting van besondere kulturele belang met 'n stadsbeeld of boukuns wat uit die Middeleeue of die Renaissance-tydperk dateer. Gewoonlik het dit rondom 'n kasteel of adellike paleis ontstaan en is dikwels omring deur versterkings soos stadsmure en torings.
![image](https://www.wikiquery.af-za.nina.az/image/aHR0cHM6Ly93d3cud2lraXF1ZXJ5LmFmLXphLm5pbmEuYXovaW1hZ2UvYUhSMGNITTZMeTkxY0d4dllXUXVkMmxyYVcxbFpHbGhMbTl5Wnk5M2FXdHBjR1ZrYVdFdlkyOXRiVzl1Y3k5MGFIVnRZaTh6THpOa0wwMXZiblJsYkdWdmJtVmZlakF4TG1wd1p5OHlNakJ3ZUMxTmIyNTBaV3hsYjI1bFgzb3dNUzVxY0djPS5qcGc=.jpg)
Die term maak deel uit van 'n aantal Italiaanse plekname, maar het in die buiteland ook bekendheid verwerf danksy die vereniging I Borghi più belli d’Italia ("Die mooiste borghi van Italië") waarin 281 nedersettings van historiese, kulturele en argitektoniese belang saamgesluit het.