Die duinemirtebessie (Eugenia capensis) is 'n struik of 'n klein boom wat tot die Myrtaceae familie hoort. Die spesie kom in die duinebos vanaf Port Elizabeth tot in die Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe voor. Die plant is 'n geoksiel.
Duinemirtebessie | |
---|---|
vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Myrtaceae |
Genus: | Eugenia |
Spesie: | E. capensis |
Binomiale naam | |
Eugenia capensis |
Hierdie spesie is die maklikste uitkenbaar van die genus. Die blare is kenmerkend kruisgewys, teenoorstaande, sittend, byna rond met rande wat na onder gerol is. Die boom se FSA-nommer is 553.1.
Daar is sewe subspesies:
- Eugenia capensis subsp. albanensis (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. capensis
- Eugenia capensis subsp. gueinzii (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. natalitia (Sond.) F.White
- Eugenia capensis subsp. nyassensis (Engl.) F.White
- Eugenia capensis subsp. simii (Dummer) F.White
- Eugenia capensis subsp. zeyheri (Harv.) F.White
Verwysings
Bronne
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online