Overijssel (letterlik in Afrikaans: Ooryssel, Sallands/Twents: Oaveriessel, Stellingwerfs: Overiessel) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 184 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 421 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 357 inwoners per km² land. Die hoofstad is Zwolle en die grootste stad is Enschede. Andere groot stede is: Almelo, Deventer, Hengelo, Kampen en Zwolle.
Overijssel Oaveriessel, Overiessel | |
---|---|
Provinsie | |
Vlag Wapen | |
Ligging van die provinsie Overijssel in Nederland | |
Kaart van die provinsie Overijssel | |
Koördinate: 52°25′N 6°25′O / 52.417°N 6.417°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Zwolle |
Grootste stad | Enschede |
Regering | |
• Kommissaris | Andries Heidema (CU) |
Oppervlak | |
• Totaal | 3 421 km2 (1 321 vk. myl) |
• Land | 3 317 km2 (1 281 vk. myl) |
• Water | 104 km2 (40 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 184 333 |
• Digtheid | 357/km2 (920/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | (MET) |
• Somertyd | (MEST) |
Webwerf | www.overijssel.nl |
Overijssel grens in die suide aan Gelderland, in die weste aan Flevoland, in die noorde aan Friesland en Drenthe en in die ooste aan die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale.
Overijssel bestaan uit drie kultuurhistoriese streke:
- Twente, in die ooste van Overijssel. Hier woon die meeste mense en lê die ekonomiese middelpunt met stede soos Enschede, Hengelo en Almelo. Hier woon ongeveer 584 000 mense (2023).
- Salland, in die weste van Overijssel. Die oorspronklik magtigste streek, met ou Hansestede soos Zwolle, Deventer en Kampen. Hier woon ongeveer 551 000 mense (2023).
- Kop van Overijssel, in die noord-weste van Overijssel. is die bekendste dorp hier. Hier woon ongeveer 50 000 mense (2023).
Munisipaliteite
Overijssel bestaan sedert 2005 uit 25 munisipaliteite:
Nrs. | Munisipaliteite | Inwoners (2023) | Streke | Opmerkinge |
---|---|---|---|---|
1 | Almelo | 74 000 | Twente | |
2 | Borne | 25 000 | Twente | |
3 | 30 000 | Salland | ||
4 | 27 000 | Twente | ||
5 | Deventer | 103 000 | Salland | |
6 | Enschede | 161 000 | Twente | |
7 | Haaksbergen | 25 000 | Twente | |
8 | 63 000 | Salland | ||
9 | 36 000 | Twente, Salland | meer Salland as Twente | |
10 | Hengelo | 82 000 | Twente | |
11 | 35 000 | Twente | ||
12 | Kampen | 56 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
13 | 23 000 | Twente | ||
14 | Oldenzaal | 32 000 | Twente | |
15 | 19 000 | Salland | ||
16 | 19 000 | Salland | ||
17 | 39 000 | Salland | ||
18 | 38 000 | Twente, Salland | meer Twente as Salland | |
19 | Staphorst | 18 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
20 | Steenwijkerland | 45 000 | Kop van Overijssel | |
21 | 21 000 | Twente | ||
22 | 34 000 | Twente, Salland | Twente-Salland ongeveer gelyk | |
23 | 25 000 | Twente | ||
24 | Zwartewaterland | 23 000 | Salland | ok Kop van Overijssel |
25 | Zwolle | 132 000 | Salland |
Verwysings
- Statistieken provincie Overijssel, AlleCijfers
- Berekening van die streke se inwoners: die inwoners van die munisipaliteite , en gelyk verdeel oor Salland en Twente. Die inwoners van die nedersetting Zwartsluis (ongeveer 5 000 in 2023) van die Zwartewaterland-munisipaliteit bygevoeg aan die Kop van Overijssel.
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Overijssel, Plaatsengids