Sanaa (Arabies: صنعاء - ook gespel Sanaʽa of Sana) is die amptelike hoofstad en grootste stad van Jemen. Die stad het in 2004 'n bevolking van 1 747 627 gehad. Die historiese stadskern van Sanaa is in 1986 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Onder die Jemenitiese grondwet is Sanaa die hoofstad van die land, hoewel die setel van die internasionaal erkende regering na Aden verhuis het na die 21 September-rewolusie. Aden is in Maart 2015 deur president Abdrabbuh Mansur Hadi tot die tydelike hoofstad verklaar.
Sanaa | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Jemen |
Provinsie | |
Koördinate | 15°24′N 44°12′O / 15.400°N 44.200°O |
Gestig op | 6de Eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | |
Bevolking: | |
- Totaal (2004) | 1 747 627 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 167 961 |
Tydsone | UTC +03:00 |
Burgemeester | Ahmed Al-Douaid |
Demografie
|
Die bevolkingsgroei van die stad het vanaf die 1960's verder gestyg as gevolg van massale landelike migrasie na die stad op soek na werk en 'n verbeterde lewenstandaard. Sanaʽa was in 2010 die vinnigste groeiende hoofstad ter wêreld met 'n groeikoers van 7%, terwyl die groeikoers van die land as geheel 3,2% was. Ongeveer 10% van die bevolking woon in die Ou Stad, terwyl die res in die buite distrikte woon.
Verwysings
- (in Engels). DPA International. 21 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 21 Maart 2015.
- "Yemen's President Hadi declares new 'temporary capital'" (in Engels). Deutsche Welle. 21 Maart 2015. vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2015. Besoek op 21 Maart 2015.
- Wavell, bl.245.
- Statesman's Year Book, 1922, bl.1367.
- Hestler, bl.56.
- Aldosari, bl.134.
- Bosworth, bl.463.
- Ring and Salkin, bl.631.
- "Sanaʽa running out of water with no plan to save it" (in Engels). The Global Urbanist. vanaf die oorspronklike op 18 November 2018. Besoek op 23 Maart 2010.
- . UNICEF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sanaa.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy