Die witmosselkraker (Sparodon durbanensis) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom. Dit staan ook bekend as 'n witbiskop, sandbloue, sandstompkop,beenbek of 'n silwersteenbras en in Engels as die White musselcracker.
Witmosselkraker | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. durbanensis |
Binomiale naam | |
Sparodon durbanensis (Castelnau, 1861) | |
Sinonieme | |
Sandstompkop |
Voorkoms
Die vis is silwergrys van kleur met 'n uitermate groot kop, die pens is wit, die (vinne) donkerder en die kieudeksels (operkulum) is swarterig.
Habitat
Die vis kom voor op rotsbodems aan die strandgebied. Die vis word tot 1,2 m lank en weeg dan 23 kg. Dit is 'n gewilde rotshengelvis en eetvis.
Sien ook
Verwysings
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal. 1967.
- Du Plessis, M. (2005). Afrikaans - Engels, English - Afrikaans woordeboek, dictionary. Kaapstad, Pharos.
Bronne
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. .
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. .
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.