- Hierdie artikel handel oor die tennistoernooi in Amerika. Vir die gholftoernooi, sien .
Die VSA-Ope (Engels: US Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks teen die einde van Augustus in New York, Verenigde State, gehou word. Dit is die laaste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit word gewoonlik oor 'n periode van twee weke gespeel met die eindstryd wat net voor die middel van September plaasvind.
Geskiedenis
Die kampioenskap is die eerste keer in 1881 vir mans en in 1887 vir dames aangebied.
In 2006 word die VSA-Ope die eerste Grand Slam om die sogenaamde Hawk-Eye in te span. Hawk-Eye is 'n tegnologie wat die virtuele terugspeel van 'n hou wat pas gespeel is moontlik maak. Dit kom handig te pas as 'n dispuut ontstaan oor 'n hou wat moontlik uit die baan se grense is. As 'n speler nie met die skeidsregter saamstem nie, kan hy/sy vra dat die Hawk-Eye ingespan word. Sedert 2007 word die Hawk-Eye by alle Grand Slams gebruik.
Die VSA-Ope is al op drie tipes oppervlakke gespeel:
- Gras (1881–1974)
- Har-Tru ('n tipe kleibaan, 1975–1977)
- Decoturf ('n tipe harde baan, 1978–nou)
Titels
Titels sedert die begin van die ope era in 1968 word in aanmerking geneem.
Mans
Pos. | Speler | Aantal titels | Jare gewen |
---|---|---|---|
1 | Roger Federer | 5 | 2004, 2005, 2006, 2007, 2008 |
Pete Sampras | 5 | 1990, 1993, 1995, 1996, 2002 | |
5 | 1974, 1976, 1978, 1982, 1983 | ||
4 | Novak Djokovic | 4 | 2011, 2015, 2018, 2023 |
Rafael Nadal | 4 | 2010, 2013, 2017, 2019 | |
4 | 1979, 1980, 1981, 1984 | ||
7 | 3 | 1985, 1986, 1987 | |
8 | Andre Agassi | 2 | 1994, 1999 |
2 | 1997, 1998 | ||
2 | 1991, 1992 | ||
11 | 1 | 2022 | |
Daniil Medvedev | 1 | 2021 | |
1 | 2020 | ||
Stanislas Wawrinka | 1 | 2016 | |
1 | 2014 | ||
Andy Murray | 1 | 2012 | |
1 | 2009 | ||
1 | 2003 | ||
1 | 2001 | ||
Marat Safin | 1 | 2000 | |
Boris Becker | 1 | 1989 | |
1 | 1988 | ||
1 | 1977 | ||
1 | 1975 | ||
1 | 1973 | ||
1 | 1972 | ||
1 | 1971 | ||
1 | 1970 | ||
1 | 1969 | ||
Arthur Ashe | 1 | 1968 |
Vroue
Pos. | Speler | Getal titels | Jare gewen |
---|---|---|---|
1 | Serena Williams | 6 | 1999, 2002, 2008, 2012, 2013, 2014 |
Chris Evert | 6 | 1975, 1976, 1977, 1978, 1980, 1982 | |
3 | Steffi Graf | 5 | 1988, 1989, 1993, 1995, 1996 |
4 | 4 | 1983, 1984, 1986, 1987 | |
5 | Kim Clijsters | 3 | 2005, 2009, 2010 |
3 | 1971, 1972, 1974 | ||
3 | 1969, 1970, 1973 | ||
8 | Naomi Osaka | 2 | 2018, 2020 |
2 | 2003, 2007 | ||
Venus Williams | 2 | 2000, 2001 | |
2 | 1991, 1992 | ||
2 | 1979, 1981 | ||
13 | 1 | 2023 | |
1 | 2022 | ||
1 | 2021 | ||
1 | 2019 | ||
Sloane Stephens | 1 | 2017 | |
1 | 2016 | ||
1 | 2015 | ||
1 | 2011 | ||
Maria Sharapova | 1 | 2006 | |
1 | 2004 | ||
1 | 1998 | ||
1 | 1997 | ||
1 | 1994 | ||
1 | 1990 | ||
1 | 1985 | ||
1 | 1968 |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met US Open (tennis). |
- (en) Die VSA-Ope se amptelike webwerf
- (en) "U.S. Open". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Julie 2022.
40°44′59.26″N 73°50′45.91″W / 40.7497944°N 73.8460861°W
Voorafgegaan deur Wimbledon | Grand Slam Kampioenskappe Augustus–September | Opgevolg deur Australiese Ope |