X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale. Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.
![image](https://www.wikiquery.af-za.nina.az/image/aHR0cHM6Ly93d3cud2lraXF1ZXJ5LmFmLXphLm5pbmEuYXovaW1hZ2UvYUhSMGNITTZMeTkxY0d4dllXUXVkMmxyYVcxbFpHbGhMbTl5Wnk5M2FXdHBjR1ZrYVdFdlkyOXRiVzl1Y3k5MGFIVnRZaTlrTDJSakwxSmhaR2x2WjNKaFppVkRNeVZCUkdGZmNIVnNiVzl1WlhOZlJuSmhibU5wYzJOaFgweHZjbU5oTG1OeWIzQndaV1F1YW5Cbkx6TXdNSEI0TFZKaFpHbHZaM0poWmlWRE15VkJSR0ZmY0hWc2JXOXVaWE5mUm5KaGJtTnBjMk5oWDB4dmNtTmhMbU55YjNCd1pXUXVhbkJuLmpwZw==.jpg)
Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen, wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.
Gebruike
X-strale met ’n hoë fotonenergie (bo 5-10 keV; ’n golflengte onder 0,2-0,1 nm) word "harde X-strale" genoem, en dié met ’n lae energie "sagte X-strale". Vanweë die deurdringingsvermoë van harde X-strale word hulle algemeen gebruik om die binnekant van voorwerpe te sien, byvoorbeeld in mediese radiografie en lughawesekuriteit. Die term "X-straal" word algemeen gebruik vir ’n radiografiese beeld asook vir die metode self.
Omdat die golflengtes van harde X-strale soortgelyk is aan die grootte van atome, is hulle ook nuttig in die bepaling van kristalstrukture. Daarteenoor word sagte X-strale maklik in die lug geabsorbeer.
Notas
- 1 EHz = 1018 Hz en 1 PHz = 1015 Hz
Verwysings
- (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2016. Besoek op 7 November 2012.
- Novelline, Robert (1997). Squire's Fundamentals of Radiology. Harvard University Press. 5de uitg. .
- David Attwood (1999). . Cambridge University. p. 2. ISBN . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2011. Besoek op 16 November 2016.
- "Physics.nist.gov". Physics.nist.gov. Besoek op 8 November 2011.
Ekstra bron
- Dokter in die huis, dr. Jan van Elfen, 1993
Eksterne skakels
- Radiografie: ’n gebreekte humerus
- X-straalveiligheid
- ’n X-straalbuis-demonstrasie (animasie)
- , ’n eenvoudige les
- X-strale en kristalle
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie X-straal.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia