Die Rugbywêreldbeker 2023 (Frans: Coupe du monde de rugby à XV 2023) is van 8 September tot 28 Oktober 2023, die 200ste herdenking van rugby se “uitvinding” deur William Webb Ellis, in Frankryk beslis. Dit was die tiende rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sesde in die Noordelike Halfrond. Verder was dit ná die toernooie in 2015 (Engeland) en 2019 (Japan) die derde agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi wat in ’n land van die Noordelike Halfrond aangebied is. Frankryk het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse Vyfnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis aangebied; en later die Rugbywêreldbeker 2007 – met enkele wedstryde in Cardiff en Edinburg van die Verenigde Koninkryk – gehuisves; altesaam het Frankryk tydens vier rugbywêreldbekertoernooie as gasheer opgetree, meer as enige ander land. Dit was egter die eerste toernooi wat geheel en al in Frankryk aangebied is. In Julie 2017 is dié land deur Wêreldrugby as gasheer aangewys, ander kandidaatlande was Ierland en Suid-Afrika.
Rugbywêreldbeker 2023 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Frankryk |
Datums | 8 September – 28 Oktober |
Aantal nasies | 20 (34 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Suid-Afrika |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Derde plek | Engeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 48 |
Bywoning | 2 437 208 (gem. 50 775 per wedstryd) |
Drieë | 325 (gemiddeld 6.77 per wedstryd) |
Meeste punte | Owen Farrell (75) |
Meeste drieë | (8) |
← 2019 | 2027 → |
Die toernooi se formaat van 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2023 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2019-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Chili, Georgië, Namibië, Portugal, Roemenië, Samoa, Tonga en Uruguay). Chili het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl Kanada sy eerste toernooi misgeloop het. Daarmee was dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi waaraan drie Suid-Amerikaanse spanne deelgeneem het en ná die 1999-toernooi die tweede met drie Spaanstalige lande. Nadat die Verenigde State in die uitspeelrondte ook uitgeskakel is, het vir die eerste keer geen Noord-Amerikaanse span deelgeneem nie.
Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 8 September met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Nieu-Seeland op die Stade de France in Saint-Denis afgeskop. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna gekwalifiseer vir die uitklopfase, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië gekwalifiseer het. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 20 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië is die aantal tot 24 verhoog.
Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2023 is Nieu-Seeland, Frankryk, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou. Beide Frankryk en Ierland kon hul groepwedstryde teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Suid-Afrika wen, maar in die kwarteindrondte het albei Europese spanne naelskraap teen die twee latere finaliste verloor. Fidji het met hul 22–17-oorwinning oor die tweemalige wêreldkampioen Australië die eerste groot verrassing besorg. Nadat die Wallabies ook teen Wallis met 6–40 swaar verloor het, is hulle vir die eerste keer in die groepfase uitgeskakel. Daarna het Portugal met sy 24–23-oorwinning oor Fidji nog ’n verrassing besorg, hul eerste wêreldbekeroorwinning nog. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het die eindstryd op die Stade de France in Saint-Denis teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen en sodoende die eerste span geword wat die Webb Ellis-beker vir ’n vierde keer ingepalm het en ná Nieu-Seeland in 2015 die tweede span wat dit kon verdedig. Daarbenewens is dit ná 1995 hul tweede eindstrydoorwinning oor Nieu-Seeland, ná 2007 hul tweede eindstrydoorwinning op Franse bodem en hulle het ook die eerste span geword wat agtereenvolgende titels oorsee kon wen. Die telling is behaal met vier strafskoppe deur Handré Pollard, teenoor ’n drie deur Nieu-Seeland se Beauden Barrett en twee strafdoele deur . Die Stade de France het ná Edenpark in Auckland en Twickenham in Londen die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 2007-toernooi – gehuisves het. Engeland het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig, nadat hulle ná die groepfase in die bronseindstryd vir ’n tweede keer ontmoet het. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel.
Saam met die Olimpiese Somerspele 2024 in Parys was die Rugbywêreldbeker 2023 een van twee groot sportkompetisies in Frankryk binne een jaar; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld. Tydens die Olimpiese Somerspele 2024 word sewesrugbywedstryde gespeel, waarmee Frankryk twee van die rugbywêreld se belangrikste toernooie binne een jaar huisves.
Toewysing
Ná die begin van die amptelike bodtydperk in Mei 2015 het die belangstellende beheerliggame tot op 1 Junie 2017 tyd gehad om hul bod in te dien.Suid-Afrika, Ierland en Frankryk was kandidate vir die aanbied van die Rugbywêreldbeker 2023, nadat Italië, wat ’n tyd lank ook ’n kandidaat was, sy aansoek teruggetrek het.
Frankryk het die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied, asook tydens die 1991- en 1999-toernooie as medegasheer opgetree. Die Franse Rugbyfederasie (FFR) het sy bod vir die Rugbywêreldbeker 2023 op 9 Februarie 2017 amptelik ingedien; dit het 19 moontlike speelstede en ’n omgewingsvriendelike vervoerkonsep bevat. Die aantal speelstede is aanvanklik tot twaalf en later tot nege verminder.
Suid-Afrika, wat die Rugbywêreldbeker laas in 1995 aangebied het, is as gunsteling beskou, nadat sy kandidature vir die toernooie van 2011, 2015 en 2019 misluk het. In April 2016 is die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) deur die regering verbied om sy bod verder te neem, omdat die integrasie van “swart” spelers in die nasionale span volgens bewerings nie aan die regering se vereistes voldoen het nie. SARU kon vir Fikile Mbalula, die destydse Minister van Sport en Ontspanning, egter die teendeel bewys, waarvolgens hy die verbod teruggetrek het. Suid-Afrika se bod wat op 9 Mei 2017 amptelik ingedien is, het die volgende agt speelstede bevat: Bloemfontein, Durban, Johannesburg, Kaapstad, Nelspruit, Port Elizabeth, Pretoria en Soweto.
Die regerings van die Republiek Ierland en Noord-Ierland het saam met die Ierse Rugbyvoetbalunie (IRFU) reeds op 5 Desember 2014 hul belangstelling in die Rugbywêreldbeker 2023 bekend gemaak. Volgens die eie verwagtinge het hul bod oor goeie kanse beskik, aangesien Ierland nog nooit as ’n gasheer op sy eie opgetree het nie en hulle ’n ooreenkoms bereik het, waarvolgens sommige stadions van die Gaeliese Atletiekvereniging (waaronder ) gebruik kon word. Hul bod het twaalf stadions in nege stede bevat: Belfast, , Cork, Derry, Dublin, Galway, Killarney, Kilkenny en Limerick.
Italië het ook in die Rugbywêreldbeker 2023 belanggestel en die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) het in Maart 2015 sy bod aangekondig. Italië is net soos Argentinië die enigste van die elf vlak-een-rugbylande wat tot dusver nog nie ’n wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi gehuisves het nie. Die Italiaanse bod het die stede Rome, Bari, Bologna, Florence, Genua, Milaan, Napels, Padua, Palermo, Turyn en bevat. Op 28 September 2016 het die FIR sy bod egter teruggeneem, nadat die Roomse burgemeester Virginia Raggi aangekondig het dat ’n bod vir die Olimpiese Somerspele 2024 nie ondersteun word nie, waarvolgens haar ondersteuning vir ’n bod vir die Rugbywêreldbeker 2023 ook bevraagteken is.
Die drie oorblywende beheerliggame het op 25 September 2017 hul botte aan Wêreldrugby se afgevaardigdes verduidelik. Tot op 31 Oktober het ’n neutrale deskundige kommissie die beskikbare dokumente volgens vyf kriteria geëvalueer. Hulle het die Suid-Afrikaanse bod bo dié van Frankryk en Ierland geplaas. Wêreldrugby se afgevaardigdes het op 15 November 2017 in Londen vergader. Ondanks die aanbeveling van die deskundige kommissie het hulle Frankryk bo Suid-Afrika verkies, wat in die tweede stemming 24 van 39 stemme ontvang het. Daarmee is dit ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië, die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland en die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan die vyfde rugbywêreldbekertoernooi wat geheel en al in een land aangebied word.
Kandidaatlande | Tevredenheidsgradering na bestudering van die lêer | 1ste rondte | 2de rondte |
---|---|---|---|
Frankryk | 75,88% | 18 | 24 |
Suid-Afrika | 78,97% | 13 | 15 |
Republiek Ierland en Noord-Ierland | 72,25% | 8 | — |
Totale stemme uitgebring | 39 | 39 |
Reëlingskomitee
In 2018 is ’n openbare belangegroep gestig om die toernooi in Frankryk voor te berei. Jacques Rivoal, voormalige president van Volkswagen Frankryk, is as president van die reëlingskomitee aangestel, terwyl Claude Atcher, direkteur van die bodkomitee, as direkteur van die reëlingskomitee benoem is. Claude Atcher is op 2 September 2022 geskors. Hy is vervang deur sy adjunk Julien Collette tot aan die einde van ’n dissiplinêre prosedure wat ingestel is na ’n ondersoek deur die Arbeidsinspektoraat na ’n “diep sosiale malaise” binne die GIP, hy is in Oktober 2022 permanent uit sy pos ontslaan.
Die Franse Rugbyfederasie het 62% aan die regte en verpligtinge van die openbare belangegroep besit (37% het aan die Franse staat behoort en 1% aan die CNOSF). In Januarie 2023, agt maande voor die toernooi, het die FFR-president, Bernard Laporte, afstand gedoen van sy pos om te voldoen aan die versoek van die Franse Rugby-etiekkomitee en die Ministerie van Sport ná sy skuldigbevinding deur die Paryse Strafhof in eerste instansie vir “passiewe korrupsie”, “omkopery”, “onwettige renteneming”, “wegsteek van misbruik van korporatiewe bates” en “misbruik van korporatiewe bates”.
Sébastien Chabal was as voorsitter van die spelerskomitee verantwoordelik vir beide die spelers en spanne se beter huisvesting tydens die toernooi. Sy ambassadeurstatus het hom toegelaat om sowat honderd kaartjies vir toernooiwedstryde te koop, terwyl die werknemers van die reëlingskomitee tot agt kaarte kon koop. Hy is in die media verdink van kaartjiehandel en het beweer dat hy hierdie plekke aan diegene rondom hom versprei het sonder om wins te maak.
Deelnemers
Kwalifisering
Wêreldrugby het in Junie 2020 die kwalifiseringsproses gespesifiseer. Vervolgens is van 2021 af agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi was in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk was vir die nasionale spanne van die Amerikas en Europa gereserveer en een elk vir Afrika en Oseanië. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte (uitspeel tussen Asië en Oseanië) en ’n uitspeelwedstryd (Repechage) tussen al die vastelande in November 2022 beslis. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 34 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Frankryk.
Naas die gasheer Frankryk, wat ook deur sy deelname aan die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker 2019 gekwalifiseer het, het ook die ander sewe deelnemers aan die kwarteindrondte en die vier derdeplek-spanne van die 2019-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Die volgende twaalf spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer: Suid-Afrika as verdedigende kampioen, Engeland as naaswenner, Nieu-Seeland as derde plek, Wallis as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Australië, Frankryk, Ierland en Japan, asook die derde plekke van die groepfase Argentinië, Fidji, Italië en Skotland. Die kwalifiseringsproses het tydens die Europese Rugbykampioenskap op 6 Maart 2021 afgeskop. Op 17 Julie 2021 het met Samoa as Oseanië 1 die eerste nasionale span vir die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Nadat Chili tydens die kwalifisering vir die eerste keer Kanada verslaan het, was die Rugbywêreldbeker 2023 die eerste toernooi wat laasgenoemde span misgeloop het. Op 9 Oktober 2021 het Uruguay gekwalifiseer as Amerikas 1, op 12 Maart 2022 Georgië as Europa 1 en op 10 Julie 2022 Namibië as Afrika 1. Nadat Chili op 16 Julie 2022 ook die Verenigde State geklop het, het hulle as Amerikas 2 vir die eerste keer nog vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Op 23 Julie 2022 het Tonga as wenner van die uitspeelwedstryd tussen Asië en Oseanië gekwalifiseer.
Aanvanklik het Spanje glo as Europa 2 gekwalifiseer, maar nadat dié span tydens die kwalifisering ’n uitgeslote speler ingespan het, is hulle vir elke wedstryd met hierdie speler met puntaftrekking beboet, waarvolgens Roemenië vir Spanje as Europa 2 se kwalifiseerder vervang en Portugal Roemenië se plek in die uitspeeltoernooi ingeneem het. Die 20ste en laaste plek is in November 2022 tydens die uitspeelrondte tussen Hongkong, Kenia, Portugal en die Verenigde State beslis, waartydens Portugal met ’n 16–16-gelykop in die laaste wedstryd teen die Verenigde State vir die tweede keer vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer het.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Dit was die eerste toernooi waaraan Chili deelgeneem en wat Kanada misgeloop het. Dit was ook die tweede toernooi wat die Verenigde State misgeloop en die eerste waaraan geen Noord-Amerikaanse span deelgeneem het nie, terwyl vir die eerste keer drie Suid-Amerikaanse spanne verskyn het. Daarmee het Suid-Amerika ná Europa en Oseanië die derde vasteland geword wat deur meer as twee spanne verteenwoordig is. Vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis het tien spanne van die Suidelike Halfrond gekwalifiseer, waarmee beide die Noordelike en Suidelike Halfrond vir die eerste keer deur ewe veel spanne verteenwoordig is.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Frankryk | Gasheer | Tiende | 2019 | Naaswenner (1987, 1999, 2011) | A |
Argentinië | Regstreeks | Tiende | 2019 | Derde plek (2007) | D |
Australië | Tiende | 2019 | Kampioen (1991, 1999) | C | |
Engeland | Tiende | 2019 | Kampioen (2003) | D | |
Fidji | Negende | 2019 | Kwarteindrondte (1987, 2007) | C | |
Ierland | Tiende | 2019 | Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015, 2019) | B | |
Italië | Tiende | 2019 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019) | A | |
Japan | Tiende | 2019 | Kwarteindrondte (2019) | D | |
Nieu-Seeland | Tiende | 2019 | Kampioen (1987, 2011, 2015) | A | |
Skotland | Tiende | 2019 | Vierde plek (1991) | B | |
Suid-Afrika | Agtste | 2019 | Kampioen (1995, 2007, 2019) | B | |
Wallis | Tiende | 2019 | Derde plek (1987) | C | |
Chili | Amerikas 2 | Eerste | – | Debuut | D |
Georgië | Europa 1 | Sesde | 2019 | Groepfase (2003, 2007, 2011, 2015, 2019) | C |
Namibië | Afrika 1 | Sewende | 2019 | Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019) | A |
Portugal | Uitspeelwedstrydwenner | Tweede | 2007 | Groepfase (2007) | C |
Roemenië | Europa 2 | Negende | 2015 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015) | B |
Samoa | Oseanië 1 | Negende | 2019 | Kwarteindrondte (1991, 1995) | D |
Tonga | Asië/Pasifiek 1 | Negende | 2019 | Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019) | B |
Uruguay | Amerikas 1 | Vyfde | 2019 | Groepfase (1999, 2003, 2015, 2019) | A |
Stadions
Die Franse Rugbyfederasie (FFR) se bod is deur Wêreldrugby op 15 November 2017 bo die aansoeke van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en die Ierse Rugbyvoetbalunie gekies. Frankryk het sy bod op 9 Februarie 2017 ingedien. Die FFR se bestuur het op 17 Maart 2017 twaalf stede as moontlike gasheerstede voorgestel. Dié lys is later tot nege stede verminder (sonder Parys, Montpellier en Lens).
Saint-Denis (Parys) | Marseille | (Lyon) | Villeneuve-d'Ascq (Lille) |
---|---|---|---|
Stade de France | Stade Vélodrome | ||
48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O | 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O | 45°45′56″N 4°58′52″O / 45.76556°N 4.98111°O | 50°36′43″N 3°07′50″O / 50.61194°N 3.13056°O |
Kapasiteit: 80 023 | Kapasiteit: 67 847 | Kapasiteit: 58 883 | Kapasiteit: 50 096 |
Bordeaux | |||
Stade de Bordeaux | |||
44°53′50″N 0°33′42″W / 44.89722°N 0.56167°W | |||
Kapasiteit: 42 060 | |||
Saint-Étienne | Nice | Nantes | Toulouse |
Stade Geoffroy-Guichard | Stade de la Beaujoire | Stadium de Toulouse | |
45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O | 43°42′18″N 7°11′33″O / 43.70500°N 7.19250°O | 47°15′20″N 1°31′31″W / 47.25556°N 1.52528°W | 43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O |
Kapasiteit: 41 965 | Kapasiteit: 35 983 | Kapasiteit: 35 520 | Kapasiteit: 33 103 |
Formaat
Die Rugbywêreldbeker 2023 is oor 51 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 8 September op die Stade de France in Saint-Denis naby Parys met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het op dieselfde stadion op 28 Oktober geëindig met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker verdedig het.
Kalender
Op 22 Februarie 2021 het Wêreldrugby verskeie maatreëls aangekondig wat verband hou met die fisieke integriteit van spelers:
- die aantal rusdae tussen twee wedstryde is verhoog. Vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis kon spanne voor die volgende wedstryd minstens vyf dae voorberei en herstel;
- die groepfase is met een week verleng (van 8 September);
- die aantal spelers is van 31 na nou 33 spelers verhoog om die spanbestuur te vergemaklik;
- reistye en frekwensies is aansienlik verminder;
- oefenlading is verlaag om ernstige beserings (insluitend harsingskudding) te voorkom.
Die wedstrydskedule is op 26 Februarie 2021 deur Wêreldrugby bekendgemaak. Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2023 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 spanne bevat wat in vier groepe van vyf spanne verdeel is met dieselfde formaat as wat in 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 gebruik is. Die loting vir die groepfase, waar die twaalf regstreekse kwalifiseerders in drie groepe verdeel is na aanleiding van hul posisie op die Wêreldrugby-ranglys (soos op 1 Januarie 2020), het op 14 Desember 2020 in die Paryse Palais Brongniart plaasgevind. Die oorspronklike datum vir die loting was 30 November 2020, die tradisionele plek ná die eindjaarrugbytoetsreeks gedurende die Novembermaand ná die vorige Rugbywêreldbekertoernooi.
Die lootstelsel van vorige rugbywêreldbekertoernooie is behou met die twaalf regstreekse kwalifiseerders uit 2019 wat op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys is, gebaseer op hul plek op die Wêreldrugby-ranglys op 1 Januarie 2020:
- Groep 1: Die vier beste gekeurde spanne
- Groep 2: Die vier naasbeste gekeurde spanne
- Groep 3: Die vier laagste regstreekse kwalifiseerders
Die oorblywende twee groepe het bestaan uit die agt bykomende spanne, met die toewysing in elke groep gebaseer op die vorige Rugbywêreldbekertoernooi:
- Groep 4: Oseanië 1, Europa 1, Amerikas 1, Uitspeelwenner
- Groep 5: Afrika 1, Europa 2, Amerikas 2, Uitspeelwedstrydwenner
Dit beteken dat die 20 deelnemende spanne, gekwalifiseerde en kwalifiserende, soos volg gekeur is (volgens hul plek op die wêreldranglys op 1 Januarie 2020):
Groep 1 | Groep 2 | Groep 3 | Groep 4 | Groep 5 |
---|---|---|---|---|
|
|
Ná die loting op 14 Desember 2020 het die groepe soos volg gelyk:
Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Die vroeë loting (amper drie jaar voor die afskop van die toernooi) is gekritiseer. Sedertdien het die wêreldranglys aansienlike veranderinge ondergaan, waarvolgens Groep B drie van die vyf beste spanne bevat het (Ierland (1), Suid-Afrika (2) en Skotland (5)), met Frankryk (3) en Nieu-Seeland (4) in Groep A. Groep C se hoogste geplaaste span was Fidji (7) met vier van die twaalf beste spanne in dieselfde groep. Ná die kritiek het Wêreldrugby se hoof- uitvoerende beampte Alan Gilpin belowe dat die loting vir toekomstige rugbywêreldbekertoernooie beter gebalanseerd sou wees. Vir die vierde keer in vyf agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooie is Australië, Fidji en Wallis in dieselfde groep geloot (met uitsondering van die 2011-toernooi, waar Fidji en Wallis wel in dieselfde groep was). Die rede agter die vroeë loting was om ondersteuners meer tyd vir hul reisbeplanning te gun.
Groepfase
Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 is die 20 spanne wat vir die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer het in vier groepe verdeel. Die groepe is verdeel van Groep A tot Groep D en elke groep het bestaan uit vyf spanne. Elke groep het een semifinalis en een kwarteindfinalis (regstreekse kwalifiseerders) van die Rugbywêreldbeker 2019 bevat, met die ander drie plekke wat deur die kwalifiseringstelsel aangevul is. Elke land het een keer teen elke ander span in sy groep gespeel: elke land het dus vier wedstryde tydens die groepfase gespeel.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- twee vir ’n gelykopuitslag;
- geen vir ’n nederlaag;
- Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.
Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):
- ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
- ’n span verloor met sewe punte (’n verdoelde drie) of minder.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee of meer spanne ewe veel punte behaal het, is ’n kriteriastelsel gebruik om te bepaal watter span ’n hoër rang gehad het. Die kriteriastelsel het berus op ’n gedetailleerde analise van die wedstryde waaraan die spanne deelgeneem het. As geen uitslag met die stelsel bereik kon word nie, is die span wat die hoër rang op die amptelike ranglys van Wêreldrugby gehad het die hoër rang toegeken.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
2023-effek op 2027-kwalifisering
Soos tydens die rugbywêreldbekertoernooie van 2007, 2011, 2015 en 2019 het die beste drie spanne in elke groep regstreeks gekwalifiseer vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.
Kaartjies en borgskappe
Altesaam 2,6 miljoen kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2023 is in drie fases verkoop; die meeste kaartjies vir ’n rugbywêreldbekertoernooi nog. Die eerste-fase-kaartjies is van Maart 2021 af vrygestel en die laaste-fase-kaartjies in 2022. Op 24 Januarie 2023 is ’n amptelike herverkoopplatform vir private kopers op die organiseerder se webwerf ingestel. Op 31 Mei 2023, presies 100 dae voor dié toernooi se afskop, het Wêreldrugby aangekondig, dat reeds sowat 2,5 miljoen kaartjies verkoop is, wat die vorige rekord van die 2015-toernooi oortref. Tydens die groepfase het die wedstrydbywoning die mylpaal van 1,8 miljoen oorskry en daarmee die vorige rekord van die 2019-toernooi verbeter.
Wêreldwye vennote | Asahi,Capgemini,Emirates,, Mastercard en Société Générale. |
---|---|
Amptelike vennote | GL events, GMF,,Orange, PROMAN,SNCF,TotalEnergies en Vivendi. |
Amptelike verskaffers | Andros (voedsel), BKT Bpk. (bande),Canon (kameras), Eden Park (klere), EF Education First AG (taalonderrig),Facebook (sosiale media), Geodis (logistiek), Gilbert (rugbyballe),Hewlett-Packard, Invivo (fynkos), (sportuitrusting), (nywerheidselektroniek), Taisho Pharmaceutical en Tudor (horlosies). |
Amptelike ondersteuners | Accor, Aramis Rugby, France Pare-brise,, Koezio, PPA Business School,, en Volvic. |
Betrokkenes
Wedstrydbeamptes
Wêreldrugby het die volgende twaalf skeidsregters, sewe lynregters en vir die eerste keer ’n uitgebreide televisieskeidsregtersspan van sewe vir die 48 wedstryde benoem. Onder die span was Wayne Barnes, wat die eerste skeidsregter was wat vir sy vyfde rugbywêreldbekertoernooi geblaas het, terwyl Nika Amasjoekeli die eerste Georgiese skeidsregter tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi en sedert die professionele tydperk die eerste vlak twee-skeidsregter was. Matthew Carley, Karl Dickson en Andrew Brace het hulle debuut as skeidsregters gemaak en Joy Neville was die eerste vrou wat wedstryde tydens ’n mansrugbywêreldbekertoernooi hanteer het.
|
|
Spanne
Elke land kon 33 spelers vir die toernooi kies. Die spanne moes teen 28 Augustus 2023 aan Wêreldrugby voorgelê word. Ten einde van ’n beter beskerming van die spelers se gesondheid het Wêreldrugby aangekondig om die aantal spelers per span vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis van 31 na 33 te verhoog, waarvolgens altesaam 660 spelers aan die toernooi deelgeneem het.
Volgens statistieke was Nieu-Seeland die span met die hoogste aantal gemiddelde toetswedstryde per speler met ’n gemiddelde 46, waaronder die speler met die meeste toetswedstryde Sam Whitelock (146).
Wat ouderdom betref was die oudste span dié van Suid-Afrika met ’n gemiddelde ouderdom van 29,8 jaar, terwyl Australië die jongste span gehad het met ’n gemiddelde van 25,8 jaar per speler, waaronder die jongste speler in die toernooi: wat op 2 September sy 19de verjaarsdag gevier het, ses dae voor die afskop van die toernooi. Die oudste speler was die Namibiër op 39 jaar wat in sy vierde wêreldbekertoernooi gespeel het.
Die Chileense klub het 30 Chileense spelers beskikbaar gestel, wat dit die professionele klub met die meeste spelers by die toernooi gemaak het. Die klub met die naasmeeste spelers was met 19 gekeurde spelers: tien Samoane en nege Tongane. Daarop het drie klubs met 18 spelers gevolg: Benetton Rugby Treviso, Leinster en . was die Franse klub met die meeste spelers by die toernooi, naamlik 17.
161 spelers wat vir die rugbywêreldbekertoernooi gekeur was, is buite die land gebore waarvoor hulle gekeur is, 17 meer as tydens die 2019-toernooi; slegs Argentinië, Namibië en Suid-Afrika het geen speler opgeroep wat in die buiteland gebore is nie. Spelers wat in die buiteland gebore is, kon gekies word op grond van hul ouers of grootouers se herkoms, maar ook na ’n ononderbroke verblyftydperk van vyf jaar in die betrokke land. Daarbenewens het Wêreldrugby in November 2021 die moontlikheid geïmplementeer vir spelers om van hul nasionale span te verander nadat hulle vir drie jaar nie vir hul oorspronklike nasionale span gekies is nie. Om vir ’n ander span te verskyn moes hulle egter in die land gebore wees of ’n ouer of grootouer hê wat in die betrokke land gebore is. By hierdie nuwe beleid het veral Samoa en Tonga gebaat met eersgenoemde wat en en laasgenoemde wat en kon oproep, spelers wat voorheen al vir ander nasionale spanne by rugbywêreldbekertoernooie verskyn het.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2027. |
Uit die toernooi geskakel, maar kwalifiseer regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2027. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2027 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring, terwyl die drie beste spanne regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer het.
Groep A
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 4 | 4 | 0 | 0 | 210 | 32 | +178 | 27 | 2 | 18 |
Nieu-Seeland | 4 | 3 | 0 | 1 | 253 | 47 | +206 | 38 | 3 | 15 |
Italië | 4 | 2 | 0 | 2 | 114 | 181 | –67 | 15 | 2 | 10 |
Uruguay | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 164 | –99 | 9 | 1 | 5 |
Namibië | 4 | 0 | 0 | 4 | 37 | 255 | –218 | 3 | 0 | 0 |
8 September 2023 | Frankryk | 27–13 | Nieu-Seeland | Stade de France, Saint-Denis | |
21:00 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (5) | Verslag | Drieë: (2) Strafdoel: Kaart: 58' tot 68' | Bywoning: 78 680 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: (Fra) | |
|
9 September 2023 | Italië | 52–8 | Namibië | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne | |
13:00 (MEST) | Drieë: , , , , , , Doelskoppe: (7) Strafdoel: | Verslag | Drie: Strafdoel: Kaart: Torsten van Jaarsveld 10' tot 20' | Bywoning: 35 515 Skeidsregter: (IRL) Speler van die wedstryd: (Ita) | |
|
14 September 2023 | Frankryk | 27–12 | Uruguay | , Lille | |
21:00 (MEST) | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoele: (2) Kaart: 27' tot 37' | Verslag | Drieë: , Doelskop: | Bywoning: 48 821 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Fra) | |
|
15 September 2023 | Nieu-Seeland | 71–3 | Namibië | Stadium de Toulouse, Toulouse | |
21:00 (MEST) | Drieë: (2), (2), , , , , , , Rieko Ioane Doelskoppe: (8) Kaart: 72' | Verslag | Strafdoel: | Bywoning: 31 996 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (NZL) | |
|
20 September 2023 | Italië | 38–17 | Uruguay | , Nice | |
17:45 (MEST) | Drieë: , , , , Doelskoppe: (5) Strafdoel: Kaarte: 25' tot 35', , 27' tot 37' | Verslag | Drieë: (Strafdrie), Doelskop: Skepdoel: Kaart: 43' tot 53' | Bywoning: 28 627 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: (Ita) | |
|
21 September 2023 | Frankryk | 96–0 | Namibië | Stade Vélodrome, Marseille | |
21:00 (MEST) | Drieë: (3), (2), (2), , , (2), , , (Strafdrie) Doelskoppe: (12) | Verslag | Kaarte: 45', 80' tot 80+' | Bywoning: 63 486 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Fra) | |
|
27 September 2023 | Uruguay | 36–26 | Namibië | , Lyon | |
17:45 (MEST) | Drieë: (2), , , Doelskoppe: (3), Strafdoel: Kaart: 76' tot 80+' | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (4) Kaarte: 48' tot 58', 61' tot 71', 63' | Bywoning: 49 342 Skeidsregter: (FRA) Speler van die wedstryd: (Uru) | |
|
29 September 2023 | Nieu-Seeland | 96–17 | Italië | , Lyon | |
21:00 (MEST) | Drieë: (2), (3), , (2), , , (2), , Doelskoppe: (9), (4) | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: , Strafdoel: | Bywoning: 57 672 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (NZL) | |
|
5 Oktober 2023 | Nieu-Seeland | 73–0 | Uruguay | , Lyon | |
21:00 (MEST) | Drieë: (2), , (2), , , (3), Doelskoppe: (5), (2), Beauden Barrett (2) | Verslag | Bywoning: 57 083 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: (NZL) | ||
|
6 Oktober 2023 | Frankryk | 60–7 | Italië | , Lyon | |
21:00 (MEST) | Drieë: (2), , , , , (2) Doelskoppe: (6), Strafdoele: , | Verslag | Drie: Doelskop: | Bywoning: 58 102 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Fra) | |
|
Groep B
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ierland | 4 | 4 | 0 | 0 | 190 | 46 | +144 | 27 | 3 | 19 |
Suid-Afrika | 4 | 3 | 0 | 1 | 151 | 34 | +117 | 22 | 3 | 15 |
Skotland | 4 | 2 | 0 | 2 | 146 | 71 | +75 | 21 | 2 | 10 |
Tonga | 4 | 1 | 0 | 3 | 96 | 177 | –81 | 13 | 1 | 5 |
Roemenië | 4 | 0 | 0 | 4 | 32 | 287 | –255 | 4 | 0 | 0 |
9 September 2023 | Ierland | 82–8 | Roemenië | Stade de Bordeaux, Bordeaux | |
15:30 (MEST) | Drieë: , , (2), (2), (2), , (2), Doelskoppe: (7), (4) | Verslag | Drie: Strafdoel: Kaart: 31' tot 41' | Bywoning: 41 170 Skeidsregter: (GEO) Speler van die wedstryd: (Irl) | |
|
10 September 2023 | Suid-Afrika | 18–3 | Skotland | Stade Vélodrome, Marseille | |
17:45 (MEST) | Drieë: Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse Doelskop: Faf de Klerk Strafdoele: Manie Libbok (2) | Verslag | Strafdoel: | Bywoning: 63 586 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: Manie Libbok (RSA) | |
|
16 September 2023 | Ierland | 59–16 | Tonga | Stade de la Beaujoire, Nantes | |
21:00 (MEST) | Drieë: , , , , , (2), Doelskoppe: (4), (4) Strafdoel: Kaart: 43' tot 53' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (3) | Bywoning: 31 673 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: (Irl) | |
|
17 September 2023 | Suid-Afrika | 76–0 | Roemenië | Stade de Bordeaux, Bordeaux | |
15:00 (MEST) | Drieë: Cobus Reinach (3), Makazole Mapimpi (3), Damian Willemse, Deon Fourie, (Strafdrie), Grant Williams (2), Willie le Roux Doelskoppe: Damian Willemse (5), Faf de Klerk (2) | Verslag | Bywoning: 38 789 Skeidsregter: (FRA) Speler van die wedstryd: Makazole Mapimpi (RSA) | ||
|
23 September 2023 | Suid-Afrika | 8–13 | Ierland | Stade de France, Saint-Denis | |
21:00 (MEST) | Drie: Cheslin Kolbe Strafskop: Manie Libbok | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: , | Bywoning: 78 542 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Irl) | |
|
24 September 2023 | Skotland | 45–17 | Tonga | , Nice | |
17:45 (MEST) | Drieë: , , , , , , Doelskoppe: (5) | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoel: Kaarte: 34' tot 44', 77' | Bywoning: 33 189 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Sko) | |
|
30 September 2023 | Skotland | 84–0 | Roemenië | , Lille | |
21:00 (MEST) | Drieë: , , (4), , , , , , Doelskoppe: (11), | Verslag | Kaarte: 29' tot 39', 31' tot 41', 38' tot 48' | Bywoning: 46 516 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: (Sko) | |
|
1 Oktober 2023 | Suid-Afrika | 49–18 | Tonga | Stade Vélodrome, Marseille | |
21:00 (MEST) | Drieë: Cobus Reinach, , Deon Fourie, Jesse Kriel, Willie le Roux, , Kwagga Smith Doelskoppe: Handré Pollard (4), Manie Libbok (3) | Verslag | Drieë: , , Strafdoel: | Bywoning: 60 387 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: Deon Fourie (RSA) | |
|
7 Oktober 2023 | Ierland | 36–14 | Skotland | Stade de France, Saint-Denis | |
21:00 (MEST) | Drieë: , (2), , , Doelskoppe: (3) | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) Kaart: 42' tot 52' | Bywoning: 78 459 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: (Irl) | |
|
8 Oktober 2023 | Tonga | 45–24 | Roemenië | , Lille | |
17:45 (MEST) | Drieë: (2), , , , , Doelskoppe: (5) Kaart: 32' tot 42' | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoel: Kaart: 69' tot 79' | Bywoning: 45 042 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: (Tga) | |
|
Groep C
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wallis | 4 | 4 | 0 | 0 | 143 | 59 | +84 | 17 | 3 | 19 |
Fidji | 4 | 2 | 0 | 2 | 88 | 83 | +5 | 9 | 3 | 11 |
Australië | 4 | 2 | 0 | 2 | 90 | 91 | –1 | 11 | 3 | 11 |
Portugal | 4 | 1 | 1 | 2 | 64 | 103 | –39 | 8 | 0 | 6 |
Georgië | 4 | 0 | 1 | 3 | 64 | 113 | –49 | 7 | 1 | 3 |
9 September 2023 | Australië | 35–15 | Georgië | Stade de France, Saint-Denis | |
18:00 (MEST) | Drieë: , , (2) Doelskoppe: (3) Strafdoele: (3) | Verslag | Drieë: , Doelskop: Strafdoel: Kaart: 42' tot 52' | Bywoning: 75 770 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Aus) | |
|
10 September 2023 | Wallis | 32–26 | Fidji | Stade de Bordeaux, Bordeaux | |
21:00 (MEST) | Drieë: , , , Doelskoppe: (3) Strafdoele: (2) Kaart: 68' tot 78' | Verslag | Drieë: , , , Doelskoppe: (2), Kaart: 64' tot 74' | Bywoning: 41 274 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Wal) | |
16 September 2023 | Wallis | 28–8 | Portugal | , Nice | |
17:45 (MEST) | Drieë: , , , Doelskoppe: (3), Kaart: 26' tot 36' | Verslag | Drie: Strafdoel: Kaart: 77' | Bywoning: 28 700 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Wal) | |
|
17 September 2023 | Australië | 15–22 | Fidji | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne | |
17:45 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoel: | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (4), | Bywoning: 41 294 Skeidsregter: (IRL) Speler van die wedstryd: (Fij) | |
|
23 September 2023 | Georgië | 18–18 | Portugal | Stadium de Toulouse, Toulouse | |
14:00 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) | Verslag | Drieë: (2) Doelskop: Strafdoele: (2) Kaart: 37' tot 47' | Bywoning: 31 889 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Por) | |
|
24 September 2023 | Wallis | 40–6 | Australië | , Lyon | |
21:00 (MEST) | Driee: , , Doelskoppe: , Strafdoele: (6) Skepdoel: | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 55 296 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) Speler van die wedstryd: (Wal) | |
|
30 September 2023 | Fidji | 17–12 | Georgië | Stade de Bordeaux, Bordeaux | |
17:45 (MEST) | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoel: Kaarte: 41' tot 51', 79' tot 80+' | Verslag | Strafdoele: (2), (2) | Bywoning: 39 862 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Fij) | |
|
1 Oktober 2023 | Australië | 34–14 | Portugal | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne | |
17:45 (MEST) | Drieë: , , , , Doelskoppe: (3) Strafdoel: Kaarte: 59' tot 69', 61' tot 71' | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) Kaart: 15' tot 25' | Bywoning: 41 342 Skeidsregter: (GEO) Speler van die wedstryd: (Aus) | |
|
7 Oktober 2023 | Wallis | 43–19 | Georgië | Stade de la Beaujoire, Nantes | |
15:00 (MEST) | Drieë: , , (3), Doelskoppe: (5) Strafdoel: Kaart: 71' tot 80+' | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (2) Kaart: 71' tot 80+' | Bywoning: 33 580 Skeidsregter: (FRA) Speler van die wedstryd: (Wal) | |
|
8 Oktober 2023 | Fidji | 23–24 | Portugal | Stadium de Toulouse, Toulouse | |
21:00 (MEST) | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (3) Kaart: 50' tot 60' | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoel: | Bywoning: 32 223 Skeidsregter: (ENG) Speler van die wedstryd: (Por) | |
|
Groep D
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 150 | 39 | +111 | 17 | 2 | 18 |
Argentinië | 4 | 3 | 0 | 1 | 127 | 69 | +58 | 15 | 2 | 14 |
Japan | 4 | 2 | 0 | 2 | 109 | 107 | +2 | 12 | 1 | 9 |
Samoa | 4 | 1 | 0 | 3 | 92 | 75 | +17 | 11 | 3 | 7 |
Chili | 4 | 0 | 0 | 4 | 27 | 215 | –188 | 4 | 0 | 0 |
9 September 2023 | Engeland | 27–10 | Argentinië | Stade Vélodrome, Marseille | |
21:00 (MEST) | Strafdoele: (6) Skepdoele: (3) Kaart: 3' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafoel: Kaart: 9' tot 19' | Bywoning: 63 118 Skeidsregter: (FRA) Speler van die wedstryd: (Eng) | |
|
10 September 2023 | Japan | 42–12 | Chili | Stadium de Toulouse, Toulouse | |
13:00 (MEST) | Drieë: (2), , Michael Leitch, , Doelskoppe: (6) Kaart: 46' tot 56' | Verslag | Drieë: , Doelskop: Kaarte: 24' tot 34', 37' tot 47' | Bywoning: 30 187 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: (Jpn) | |
|
16 September 2023 | Samoa | 43–10 | Chili | Stade de Bordeaux, Bordeaux | |
15:00 (MEST) | Drieë: , , , (2) Doelskoppe: (2), Strafdoele: (4) Kaarte: 5' tot 15', 63' tot 73' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: Kaarte: 62' tot 72', 71' tot 80+' | Bywoning: 39 291 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Sam) | |
|
17 September 2023 | Engeland | 34–12 | Japan | , Nice | |
21:00 (MEST) | Drieë: , , , Doelskoppe: (4) Strafddoele: (2) | Verslag | Strafdoele: (4) | Bywoning: 30 500 Skeidsregter: (GEO) Speler van die wedstryd: (Eng) | |
|
22 September 2023 | Argentinië | 19–10 | Samoa | Stade Geoffroy-Guichard, Saint-Étienne | |
17:45 (MEST) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (3), | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: Kaart: 1' tot 11' | Bywoning: 38 358 Skeidsregter: (AUS) Speler van die wedstryd: (Arg) | |
|
23 September 2023 | Engeland | 71–0 | Chili | , Lille | |
17:45 (MEST) | Drieë: (5), (2), , (2), Doelskoppe: Owen Farrell (8) | Verslag | Kaart: 44' tot 54' | Bywoning: 44 315 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: (Eng) | |
|
28 September 2023 | Japan | 28–22 | Samoa | Stadium de Toulouse, Toulouse | |
21:00 (MEST) | Drieë: Pieter Labuschagne, Michael Leitch, Doelskoppe: (2) Strafdoele: (3) Kaart: 36' tot 46' | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (2) Strafdoel: Kaarte: 32' tot 42', 47' | Bywoning: 30 187 Skeidsregter: Jaco Peyper (RSA) Speler van die wedstryd: (Jpn) | |
|
30 September 2023 | Argentinië | 59–5 | Chili | Stade de la Beaujoire, Nantes | |
15:00 (MEST) | Drieë: , (2), , , , , Doelskoppe: (6), (2) Strafdoel: Kaart: 26' tot 36' | Verslag | Drie: | Bywoning: 33 963 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Arg) | |
|
7 Oktober 2023 | Engeland | 18–17 | Samoa | , Lille | |
17:45 (MEST) | Drieë: , Doelskop: Owen Farrell Strafdoele: Owen Farrell (2) | Verslag | Drieë: (2) Doelskoppe: (2) Strafdoel: Kaart: 66' tot 76' | Bywoning: 47 891 Skeidsregter: (IRL) Speler van die wedstryd: (Sam) | |
|
8 Oktober 2023 | Japan | 27–39 | Argentinië | Stade de la Beaujoire, Nantes | |
13:00 (MEST) | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoel: Skepdoel: Kaart: Pieter Labuschagne 23' tot 33' | Verslag | Drieë: , (3), Doelskoppe: (3), Strafdoele: , | Bywoning: 31 794 Skeidsregter: (NZL) Speler van die wedstryd: (Arg) | |
|
Uitklopfase
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindrondte | ||||||||
14 Oktober – Marseille | ||||||||||
Wallis | 17 | |||||||||
20 Oktober – Saint-Denis | ||||||||||
Argentinië | 29 | |||||||||
Argentinië | 6 | |||||||||
14 Oktober – Saint-Denis | ||||||||||
Nieu-Seeland | 44 | |||||||||
Ierland | 24 | |||||||||
28 Oktober – Saint-Denis | ||||||||||
Nieu-Seeland | 28 | |||||||||
Nieu-Seeland | 11 | |||||||||
15 Oktober – Marseille | ||||||||||
Suid-Afrika | 12 | |||||||||
Engeland | 30 | |||||||||
21 Oktober – Saint-Denis | ||||||||||