Die South Head-vuurtoring in Saldanhabaai is 'n 22 meter (75 voet) hoë, ronde betontoring met 'n (fokale vlak) van 35 meter (115 voet). Die boonste helfte is 'n diep geel en die onderste helfte wit.
Die toring lewer vier wit flitse elke 30 sekondes. Dit staan op die suidelike oewer, by die ingang van Saldanhabaai-hawe. Dit is een van twee vuurtorings by die hawe-ingang. Die ander een is die North Head-vuurtoring aan die noordekant van die ingang. Die reguit lyn tussen die twee vuurtorings is die amptelike aankomslyn vir skepe wat die hawe binnegaan.
Geskiedenis
Die voorganger van die huidige betontoring was 'n 21 m hoë tralietoring wat in Desember 1969 in gebruik geneem is. Die huidige betontoring is op 7 Desember 2000 in gebruik geneem.
Sien ook
Verwysings
- PUB 113 List of Lights, Radio Aids and Fog Signals, Prepared and published by the National Geospatial-Intelligence Agency, Springfield, VA2011, pg445[dooie skakel], besoek 24 Junie 2012
- Lighthouses of Western South Africa, besoek 24 Junie 2012
- SA Venues – North Head Lighthouse (Saldanha Bay), besoek 24 Junie 2012
- SA Venues – South Head Lighthouse (Saldanha Bay), besoek 24 Junie 2012
- COMET Corporation – South Head – Saldanha Bay[dooie skakel], besoek 24 Junie 2012
33°06′19.44″S 17°57′18.01″O / 33.1054000°S 17.9550028°O
Vuurtorings van Suid-Afrika | |
---|---|
Atlantiese Kus en Valsbaai: | Dasseneiland • Doringbaai • Groenpunt • Groenriviermond • Hondeklipbaai • Kaap Columbine • Kaappunt (Diaspunt) • Kaappunt (Kaap Maclear) • Kaapstadhawe-breekwater • Kaap St. Martin • Milnerton • Mouillepunt • North Head, Saldanhabaai • Port Nolloth • Robbeneiland • Roman Rock • Simonstad-skeepswerf • Slangkop • South Head, Saldanhabaai • Stompneuspunt |
Kaapse Suidkus: | Cape Seal • Danger Point • Hangklip • Kaap Agulhas • Kaap Infanta • Kaap Sint Blaize • Quoin Point • Ystervarkpunt |
Oos-Kaap: | Castle Point • Deal-vuurtoring • Donkin Hill • Groot-Vispunt • Hood Point • Kaap Hermes • Kaap Morgan • Kaap Recife • M’bashe Point • Seal Point • South Sand Bluff • Voëleiland |
KwaZulu-Natal: | Anglo-American-gebou • Cooper • Durnford Point • Green Point (Clansthal) • Ifafastrand • Jesser Point • Kaap St. Lucia • Kaap Vidal • North Sand Bluff • Ou Bluff-vuurtoring • Port Shepstone • Richardsbaai-Noord-breekwater • Richardsbaai • Umhlanga Rocks |