Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning.
| |||||
Volkslied: (tr.: Respublikæ Hussar Irystony Paddzahadon Gimn) (Osseties vir: "Volkslied van die Republiek Suid-Ossetië") | |||||
Hoofstad | Zchinwali | ||||
Grootste stad | Zchinwali | ||||
Amptelike tale | Osseties en Russies | ||||
Regering | Semi-presidensiële republiek | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Verklaar • Erkenning | van Georgië 21 Desember 1991 26 Augustus 2008 (beperk) | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 3 900 km2 1 500 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2015-sensus - Digtheid | 56 520 (–) 53 532 13,7 / km2 35,5 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2017-skatting | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd | MSK (UTC) nie toegepas nie (UTC) | ||||
Internet-TLD | geen | ||||
Skakelkode | +995 34 |
Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.
Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.
Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys. Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Politiek
Internasionale erkenning
- VN-lidlande
- Rusland erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.
- Nicaragua erken Suid-Ossetië op 5 September 2008.
- Venezuela erken Suid-Ossetië op 10 September 2009.
- Nauru erken Suid-Ossetië op 16 Desember 2009.
- Sirië erken Suid-Ossetië op 29 Mei 2018.
- Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
- Abchasië erken Suid-Ossetië op 17 November 2006.
- Transnistrië erken Suid-Ossetië op 17 November 2006.
- Republiek Artsach erken Suid-Ossetië op 17 November 2006.
- Voormalige erkenning
- Tuvalu erken Suid-Ossetië op 18 September 2011, maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.
Etniese samestelling
Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).
Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015) | |||
---|---|---|---|
Etniese groep | Aantal | % | |
Ossetiërs | 48 146 | 89,9 | |
Georgiërs | 3 966 | 7,4 | |
Russe | 610 | 1,1 | |
Armeniërs | 378 | 0,7 | |
Ander | 432 | 0,8 | |
Suid-Ossetië (totaal) | 53 532 | 100 |
Verwysings
- (en) . New Eastern Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2013. Besoek op 9 Mei 2013.
- (ru) "Статистический сборник за январь-декабрь 2021 г." Departement van Staatsstatistiek van die Republiek Suid-Ossetië. 29 Maart 2022. Besoek op 4 November 2022.
- (ru) "Окончательные данные переписи: в Южной Осетии живут 53 532 человека". sputnik-ossetia.ru. 11 Augustus 2016. vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
- (ru) "Валовой внутренний продукт". vanaf die oorspronklike op 13 April 2018. Besoek op 12 April 2018.
- (en) "South Ossetia Referendum On Name Change Steers Clear Of Thornier Unification Issue". RadioFreeEurope/RadioLiberty. vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2019. Besoek op 23 September 2018.
- (en) "Referendum to rename South Ossetia 'Alania' set for April". oc-media.org. vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 23 September 2018.
- (en) Olga Oliker, Thomas S. Szayna (2003). Faultlines of Conflict in Central Asia and the South Caucasus: Implications for the U.S. Army. RAND Korporasie. ISBN .
- (en) Emmanuel Karagiannis (2002). Energy and Security in the Caucasus. Routledge. ISBN .
- (en) Tom Parfitt (7 Augustus 2007). "Georgia up in arms over Olympic cash". The Guardian. Besoek op 4 November 2022.
- (en) Simon Saradzhyan (28 Maart 2006). . International Relations and Security Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2008. Besoek op 23 Februarie 2008.
- (en) "The former autonomous district of South Ossetia". Regering van Georgia. vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 23 September 2018.
- (en) "OSCE: De Gucht Discusses Montenegro Referendum, Frozen Conflicts". vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
- (en) . IASPS Policy Briefings. 1 Maart 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2013. Besoek op 26 Maart 2014.
- (en) "Russia welcomes Nicaragua's recognition of South Ossetia, Abkhazia". China Daily. 6 September 2008. vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op 22 Maart 2014.
- (en) "Nicaragua recognizes South Ossetia and Abkhazia | Top Russian news and analysis online | 'RIA Novosti' newswire". En.rian.ru. vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013. Besoek op 22 Maart 2014.
- (en) "Chavez Recognizes South Ossetia, Abkhazia As Independent – Radio Free Europe/Radio Liberty © 2009". Rferl.org. 10 September 2009. vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 22 Maart 2014.
- (en) "Pacific island recognizes Abkhazia's independence". RIA Novosti. vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 22 Maart 2014.
- (en) "Georgia Severs Relations With Syria For Recognizing Abkhazia, South Ossetia". rferl.org. 29 Mei 2018. vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 23 September 2018.
- (ru) "Абхазия, Южная Осетия и Приднестровье признали независимость друг друга и призвали всех к этому же". Newsru. 17 November 2006. vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op 22 Maart 2014.
- (ru) . Abjasia.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2016. Besoek op 22 Maart 2014.
- (ru) "Сообщение МИД РЮО | Информационное агентство Рес". Cominf.org. 23 September 2011. vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 22 Maart 2014.
- (en) mfa.gov.ge: Statement of the Georgian Foreign Ministry regarding the establishment of diplomatic and consular relations 31 Maart 2014 op Wayback Machine
- (en) Ethnic composition of Ossetia 2015
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Suid-Ossetië. |
- (en) Toerisme-inligting oor Suid-Ossetië op Wikivoyage
- (os) President van Suid-Ossetië