Die Amerikaanse Maagde-eilande (Engels: United States Virgin Islands, USVI, ook American Virgin Islands), amptelik die Maagde-eilande van die Verenigde State (Virgin Islands of the United States), is 'n eilandgroep in Noord-Amerika en 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika. Dit beslaan 'n oppervlakte van 346,36 km² en het 'n bevolking van 106 405 in 2010 gehad.
| |||||
Nasionale leuse: United in Pride and Hope (Engels vir: "Verenig in trots en hoop") | |||||
Volkslied: (Engels vir: "Die sterbesaaide vaandel") Nasionale volkslied: (Engels vir: "Maagde-eilande-mars") | |||||
Hoofstad | Charlotte Amalie | ||||
Grootste stad | Charlotte Amalie | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Niegeïnkorporeerde georganiseerde grondgebied Joe Biden (D) Albert Bryan (D) Tregenza Roach (D) Stacey Plaskett (D) | ||||
Onafhanklikheid Stigting • Deens-Wes-Indië-verdrag • Hersienende Organisasiewet | Amerikaanse eilandgebied 31 Maart 1917 22 Julie 1954 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 346,4 km2 (–) 133,7 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2010-sensus - Digtheid | 106 405 297 / km2 (–) 769,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2015-skatting $4,580 miljard | ||||
MOI (2008) | 0,894 (59ste) – baie hoog | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD ) | ||||
Tydsone - Somertyd | AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .vi | ||||
Skakelkode | +1-340 |
Die Amerikaanse Maagde-eilande behoort geografies aan die Maagde-eilande van die Klein-Antille. Dit is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Die Amerikaanse Maagde-eilande grens in die weste aan Puerto Rico en in die ooste aan die Britse Maagde-eilande. Dit bestaan uit die hoofeilande , , en ander eilande. Die hoofstad en grootste stad is Charlotte Amalie, wat op die eiland Saint Thomas geleë is.
Die Maagde-eilande is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige en haar maagd-volgelinge Santa Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Dié naam is later verkort tot "die Maagde-eilande". Alhoewel die Maagde-eilande deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soos Groot-Brittanje, Nederland, Frankryk en Denemarke-Noorweë.
Die Deense Wes-Indiese Kompanie het in 1672 Saint Thomas gekoloniseer, gevolg deur Saint John in 1694; Saint Croix is in 1733 van Frankryk gekoop. Terselfdertyd het Groot-Brittanje die nabygeleë eilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola en Virgin Gorda van Nederland verower. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Dié eilande is onder die Hersienende Organisasiewet van 22 Julie 1954 georganiseer en vorm tans 'n nie-geïnkorporeerde, georganiseerde grondgebied van die Verenigde State. Die Amerikaanse Maagde-eilande word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou. Die Amerikaanse Maagde-eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.
Hoofeilande
Naam | Oppervlakte (km²) | Bevolking (2008) | Bevolkingsdigtheid |
---|---|---|---|
213 km² | 53 234 | 250/km² | |
50,8 km² | 4 197 | 82,6/km² | |
80,9 km² | 51 181 | 632,6/km² |
Sport
Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Amerikaanse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Die Amerikaanse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met toetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 gewen en slegs die 2023-toernooi misgeloop.
Verwysings
- (en) "U.S. Virgin Islands – 2010 Census Results" (PDF). census.gov. U.S. Census Bureau. (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 20 Januarie 2020.
- (en) "Gross Domestic Product Per Capita for U.S. Virgin Islands". 5 Mei 2017. Besoek op 20 Januarie 2020.
{{}}
: Cite journal requires|journal=
((hulp)) - (en) "United States Virgin Islands". Encyclopædia Britannica. vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2020.
- (en) . Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2019. Besoek op 21 Mei 2018.
- (en) "Virgin Islands". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 21 Mei 2018.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "United States Virgin Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Januarie 2021.
Eksterne skakels
- Wiki-webtuistes
Wikimedia Commons bevat media in verband met Amerikaanse Maagde-eilande. |
- (en) Toerisme-inligting oor Amerikaanse Maagde-eilande op Wikivoyage
- Toerisme
- (en) Visit to Be Inspired
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|